Die landbou gemeenskap, grondeienaars, toeriste-operateurs en ander inwoners van die Overberg-distrik in die Wes-Kaap is bekommerd oor ‘n mynaansoek wat kan lei tot die bedreiging van onder andere bedreigde renosterveld, ‘n ryk historiese landskap, plaaslike toerisme en landboubedrywighede. Mynbou kan ‘n beduidende impak op nasionale voedselsekuriteit hê, veral in ‘n gebied soos die Overberg waar ‘n groot gedeelte van die land se voedsel geproduseer word.
Een van die belangrikste maniere waarop mynbedrywighede voedselsekerheid vir ‘n plaaslike gemeenskap negatief beinvloed, is deur die onteining/verplasing van plaaslike grondeienaars en dan inneraard landboubedrywighede wat grootskaals bydra to voedselsekuriteit.
Die Overberg gemeenskap is ook bekommerd oor die vernietiging wat deur oopgroefmynbou aangerig sal word, wat volgens hulle hierdie ongerepte bewaringstreek vir geslagte lank sal beskadig en verander. Moderne omgewings wetgewing verwag dat mynnywerhede aanvaar dat hulle ‘n omgewingsverpligting het om die grond wat hulle gebruik het te rehabiliteer tot pre-mynbou kondisie. Ongelukkig is die konsep van ‘voldoende rehabilitasie’ oop vir interpretasie.
Indien die prospekteringsaansoek goedgekeur word, sal ‘n mynmaatskappy die eksklusiewe reg hê om sowat 4 200 ha landbougrond te verken, met die bedoeling om ‘n enorme oopgroefmyn vir goud, silwer en tinerts te skep. Alhoewel die beoogde myn in die Napier area geleë is, sal onder andere toeriste and landbou bedrywighede, asook die bewaring van natuurlike en kultuur-historiese bronne bedreig word in die groter Overberg-distrik.
Die bewaring van ons natuurlike hulpbronne is een van die aspekte wat grootskaals bedreig sal word deur mynbedrywighede. Byna ‘n kwart van die Suid-Afrikaanse flora word beskou as óf bedreig óf besorgd oor bewaring. Die Wes-Kaap bevat meer as helfte van die nasionale flora waarvan meeste van die bedreigde plantspesies in die land in die Wes-Kaap is. Die oorgrote meerderheid van hierdie bedreigde plantspesies kom voor in die laaglande waar die primêre bedreigings habitatverlies vir landbou, verstedeliking en indringing deur uitheemse plante is. Hierdie beklemtoon die ongelooflike belangrikheid van die gebied vir plantbewaring in beide die provinsie en die land.
Die unike en wêreld bekende ‘Cape Floral Region Protected Areas World Heritage Site’, ‘n verklaarde UNESCO-wêrelderfenisgebied sluit die volgende beskermde gebiede in:
• Kogelberg Natuurreservaat
• Houwhoek Natuurreservaat
• Hottentots Holland Natuurreservaat
• Groenlandberg Natuurreservaat
• Riviersonderend Natuurreservaat
• Marloth Natuurreservaat
• Langeberg (Marloth);
• De Hoop (De Hoop); en
• Agulhas (Agulhas, De Mond, Quoin Point)
• De Hoop Natuurreservaat
• Agulhas Nasionale Park
• De Mond Natuurreservaat
Baie min formele bewaringsgebiede beskerm laeland-renosterveldhabitat en die totale grootte van alle reservate (privaat en staat) binne laeland-renosterveld is minder as 1% van die oorspronklike laagland-renosterveldomvang. Dit beteken dat die meeste spesies steeds baie kwesbaar is vir voortdurende verlies.
Daar is egter ‘n risiko van verlies aan aantrekkingskrag van die Overberg-distrik as ‘n uitstekende toerismebestemming indien die beplande mynbedrywighede voortgaan. Sleutel toeristebesienswaardighede moet ten alle koste beskerm word tot voordeel van almal in die streek. Toerisme in die Overberg-distrik word beskou as een van die mees prominente en waardetoevoegende bates wat gebruik word om die unieke natuurskoon en historiese argitektoniese strukture te bewaar vir die toekoms.
Die Overbergstreek is ‘n fassinerende area met ‘n ryk geskiedenis en kultuur wat duisende jare teruggaan, toe die inheemse Khoi-mense oorspronklik daar gefloreer het. Bewyse van hierdie vroeë inwoners kan gevind word in verskeie grotte, talle skulphokke en ou kraalstrukture binne die distrik. Die Overberg was ook die tuiste van die Chainouqua-stam (om Danger Point en binneland) en die Hessequa-stam. Als hierdie het gebeur voordat die eerste Europese setlaars aangekom het om hul eie onuitwisbare stempel op die kultuur, argitektuur en karakter van die streek te laat. Hierdie tydlyn wat talle plekke, geboue, gebeurtenisse en persoonlikhede insluit het die Overberg die diverse en unieke plek gemaak het wat dit vandag is.
Die Overberg was ‘n tuiste of belangstellingspunt vir ontdekkingsreisigers, innoveerders, kunstenaars en skrywers, vir figure so uiteenlopend soos Bartholomew Diaz, Olof Bergh, Hendrik Verwoerd, Gregoire Boonzaier, Audrey Blignault en Breyten Breytenbach. Van Suid-Afrika se oudste dorpe, huise en sendingstasies kan hier gevind word, en sy verraderlike kuslyn was al eeue lank die oorsaak van honderde skeepswrakke. Die distrik het 201 skeepswrakke wat so ver terug as 1673 dateer. Baie hiervan is gekonsentreer rondom Danger Point, Dyer-eiland, Quoin Point, Kaap Agulhas en Struisbaai.
Enige nywerheidsgsgroei, insluitend mynbedrywighede in die Overberg-distrik moet ernstig oorweeg word en verseker wees dat daar geen omgewings- en erfenisimpakte sal wees nie.
Geleë tussen die Hottentots Hollandberge en die Breederivier, is die Overberg ‘n belangrike landboustreek en ‘n gewilde vakansiebestemming vir toeriste en natuurliefhebbers wat hulle verlustig in die skoonheid van sy bergagtige landskap en volop plantspesies. Die landbousektor in die Overberg is egter baie divers wat produkte insluit soos wol, suiwel, groente, vrugte, kanola, bessies, druiwe en vee.
Die verband tussen gesonde ekostelsels en landboubedrywighede is nie meer ‘n vreemde konsep nie en die sensitiwiteit van die laaglande word nou beter verstaan deur die landbou gemeenskap. Bewaringsfokus moes wyer as die geïsoleerde areas beweeg om die algehele reserwe van die hele ekosisteme te bewaar. Terselfdertyd is die verlies van biodiversiteit, gesonde en goeie gehalte grond en funksionerende waterlope en riviere herken as negatief vir produksielandskappe, en daarom het die landbou besef dat ’n ommeswaai in boerderypraktyke nodig is geword het. Algaande het die verskillende benaderings tot bewaring en landbou begin oorvleuel, soveel so dat hedendaagse wette vir die twee sektore min van mekaar verskil (Die Overberg se Rûens: Renosterveld: 5).
Water, soos in die res van ons land, is ‘n kritiese faktor in die landbousektor en het ‘n toenemend skaarser hulpbron geword. Droogtes het dus ‘n nadelige impak op die landbousektor van die Overberg-distrik gehad. Om die kwessie te vererger, was waterbergingskapasiteit ‘n probleem in sekere munisipale gebiede van die distrik. Voldoende waterbergingskapasiteit in die Overberg-distrik is kritiek vir die groei en uitbreiding van die landbousektor en beplande mynbedrywighede in die water opvangsgebiede kan die watervoorsiening van die Overberg-distrik besoedel en lang-termyn skade aanrig.
Die diverse natuurskoon en natuurlike hulpbronbasis is primêr binne die landelike ruimte-ekonomie. Hierdie bates skakel direk met die landbou- en toerismebedrywe, terwyl dit ook voedselsekerheid moontlik maak.
Die Overberg-distrik bied ‘n perfekte mengsel van natuurskoon, kultuur-historiese strukture, natuurlike besienswaardighede en toerisme-aktiwiteite wat onherkenbaar beskadig kan word deur onsensitiewe mynbedrywighede.
REFERENCES:
Schoeman, C. The Historical Overberg: Traces of the Past in South Africa’s Southermost Region: Penguin Randon House South Africa, 2017.
Crouth, Georgina. Mining Prospecting Application in Napier Region Threatens Tourism, Environment:dailymaverick.co.za/article/2023-11-07-mining-prospecting-application-in-napier-region-threatens-tourism-evironment/,2023.
mining.com/how-mining-food-security-africa/#.
ODM: Overberg District Spatial Development Framework, 2023.
Overberg Lowlands Conservation Trust: Die Overberg se Rûens: Renosterveld, 2016.